Waarskuwing: PDR Boerdery se logo en naam word onregmatig gebruik deur onbekende persone wat bale voer verkoop. Slegs korrespondensie met Paul (0725083409), Daleen (0732994591) of pdrboerdery@gmail.com is die werklike PDR Boerdery!

Welkom by PDR Boerdery

Ons is 'n gemengde boerdery-onderneming. Ons het 'n Bonsmara-beesstoetery, 'n Meatmaster-skaapstoetery, 'n Worshond-kantlyn, 'n Veeartspraktyk, asook 'n aartappel-, soja- en mieliekant, en 'n vervoervertakking.

Wie is PDR Boerdery?

PDR Boerdery is ‘n maatskappy met ‘n passie vir landbou, waarde-toevoeging en om die ekstra myl te loop om net die beste te lewer.  Ons glo in diversifisering en is gefokus op konstante groei.

PDR Boerdery het ontstaan uit die gesamentlike visie wat Paul en Daleen Roos het, 'n visie met 'n toekomsverwagting en vaste geloof dat niks onmoontlik is nie!

Wat Ons Doen

Bonro Bonsmaras

Stoettelers van Bonsmara beeste.  Tegnologie soos Embrio-spoeling, ovum-aspirasie en in-vitro bevrugting word aangewend om saam met kunsmatige inseminasie die beste genetika in die bedryf in ons kudde te kan he.

Moneymaker Meatmaster @ PDR Boerdery

Moneymaker Meatmasters

Ons Meatmaster skaap stoetery is gegrond op funksioneel doeltreffende tipe diere wat wyd aanpasbaar is en presteer op die veld.

PDR Repros

Veeartsenydienste met ‘n spesiale fokus op plaasdiere en reproduksie, asook gevorderde reproduksie tegnieke (Embrio-spoeling, laparoskopiese inseminasie en kunsmatige inseminasie).
PDR Repros Topdeck Miniature Dachshunds

Topdeck Miniature Dachshunds

Ons is passievol oor ons worshonde, want dis soveel meer as net ‘n hondjie!

PDR Boerdery Crops

Groei is kern in ons waardesisteem - daarom is die verbouing van mielies, sojabone en aartappels rede genoeg om ons opgewonde te maak! Dis deel van wie ons is en die passie om voedselproduksie en -sekuriteit te lewer aan ons land.

PDR Transport

Lewe word gekenmerkt deur beweging - en dis presies wat ons doen. Vervoer is net nog 'n stap om meer waarde toe te voeg.
afAfrikaans